Ons reëls, terme en voorwaardes:

AANSOEKE

Die besluit van elke ouer om ‘n kind in te skryf in ‘n skool waar hul voel die kind sal gemaklik aanpas, bly ‘n moeilike een. Ouers is welkom om ‘n afspraak te maak om die skool te besoek en personeel te ontmoet ten einde besluitneming te fasiliteer. Die skakel na ons aansoekvorm is onderaan die bladsy. Druk en voltooi asb die vorm. U kan dit aflewer of scan en e-pos na admin@steggieskleuters.co.za

REGISTREER AANLYN

Steggies Kleuterskool aanvaar nou digitale aansoeke van ouers wat hul kinders wil inskryf.