By Steggies is
alles
WELKOM BY STEGGIES KLEUTERSKOOL / NURSERY SCHOOL
Die maak van steggies behels tipies dat ‘n klein gedeelte van ‘n ouer-plant verwyder word. Deur die steggie dan van die regte sorg, klimaat, groeimedium en ander hulpmiddels te voorsien, word die steggie aangemoedig om sy eie wortelstelsel te vestig en as ‘n onafhanklike plant te groei. So is dit dan ook met ons kinders se menswording…
‘n Liefdevolle omgewing met pragtige natuurskoon, individuele aandag en ‘n familie-oriëntasie is vir ons sleutel hiertoe. Saam met elke ouer wil ons by die plaas-skool ‘n groei-medium en klimaat help skep waarin kinders kan wortel skiet en ontwikkel tot hul volle potensiaal as gebalanseerde en vrydenkende individue!
Ons is sedert vroeg 2014 op die plaas in Devonvallei, Stellenbosch, op dreef in die lieflike groot plaashuis met sy gevestigde tuin. Dis werklik ‘n skooltjie met ‘n huislike atmosfeer – ruim en openhartig! Hier kan kinders leer deur na hartelus te speel. Kom besoek ons gerus om te kyk hoe dit lyk en wat ons alles bied. Jy sal sommer gou besef jy kan jou kleinding hier los met baie gemoedsrus.
January 2021 |
||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Mon | Tue | Wed | Thu | Fri | Sat | Sun |
1
|
2
|
3
|
||||
4
|
5
|
6
|
7
|
8
|
9
|
10
|
11
|
12
|
13
|
14
|
15
|
16
|
17
|
18
|
19
|
20
|
21
|
22
|
23
|
24
|
25
|
26
|
27
|
28
|
29
|
30
|
31
|

D6 Connect App
Met die gratis app kan ouers in kontak bly met Steggies Kleuterskool en altyd op hoogte wees van nuus en gebeure. Kliek onder om dit af te laai.