MEER OOR ONS

Die hartklop van ons plaashuis en lekker tuin is natuurlik die maats en dan ook die toegewyde span wat deur uitnodigende onderwys die wêreld speel-speel help ontsluit vir elke leerder.

Tarien Ferreira

Hoof

Tarien Ferreira

Hoof

ONDERWYSERS

Ons is baie gelukkig om 6 fantastiese gekwalifiseerde juffrouens in ons span te hê. Hul leef daagliks hul kreatiwiteit, passie en entoesiasme vir kinders en opvoeding  in hul onderskeie klasse uit. Die doelwit is om ‘n leerder-onderwyser ratio van 1:10 vir die groter klasse,  1:7 vir die twee tot drie jariges, 1:5 vir die een tot twee jariges, en 1:3 vir die babas te handhaaf. Dit mag soms ietwat varieer maar solank syfers dit toelaat, sal dit die reël wees. 

Antoinette Grobelaar

Juffrou van Leeubekkies klas

Antoinette Grobelaar

Juffrou van Leeubekkies klas

Bianca du Toit

Juffrou van Pronkertjies klas

Bianca du Toit

Juffrou van Pronkertjies klas

Stefne Jaggers

Juffrou van Gesiggies Klas

Stefne Jaggers

Juffrou van Gesiggies Klas

Erika de Vries

Juffrou van Baba kampus

Erika de Vries

Juffrou van Baba kampus

Saskia Stuttaford

Juffrou van Sonneblomme klas

Saskia Stuttaford

Juffrou van Sonneblomme klas

ASSISTENTE

In elke klas is daar wonderlike dames. Almal van hul is self mammas en het ‘n voorliefde vir en slag met kinders.  Celeste en Filicia is in beheer van die kombuis en maak ook seker die skool is skoon en netjies – hul is ons regterhand! Ons personeel voldoen aan alle voorvereistes vir skoolregistrasie, soos gestel deur die Departement Sosiale Werke.  Ons glo ook in die ontwikkeling van, en investering in, personeel – dus is deurlopende indiensopleiding en kursusse gereeld op die agenda.

Marlene Domingo

Assistent

Elisabeth King

Assistent

Louisa Robyn

Assistent

Anthea Baartman

Assistent

Philip Ndou

Tuin en instand-
houdings-
assistent

Marlene Domingo

Assistent

Elisabeth King

Assistent

Louisa Robyn

Assistent

Anthea Baartman

Assistent

Philip Ndou

Tuin en instand-
houdings-
assistent

REGISTRASIE EN AFFILIASIES

Die skool het sy registrasie by die Departement van Sosiale Werke afgehandel in 2022 en dis geldig vir drie jaar. Ons is ook by die Vereniging vir Voorskoolse Opvoeding en Sorg (VVOS) geaffilieerd – wat verseker ons woon relevante werkswinkels by en bly deurlopend op hoogte van industrie nuus en verwikkelinge.  Ons is ook deel van die Skole Ondersteuningsnetwerk (www.skole.co.za) wat deurlopend opleidings geleenthede fasiliteer, asook die Stellenbosch ECD forum.

DIE EIENAARS: SUZAAN EN HUGO CARINUS

Steggies se oorsprong was Suzaan se stille begeerte om hul eersteling, Johan, in ‘n gemaklike, geen fiemies, maar goeie moedertaalskool op ‘n plaas te kon hê. Iewers buite die stad se gewoel en druk; ‘n veilige, karaktervolle plek waar hy kan kindwees en soveel as moontlik vryheid – binne grense natuurlik – ervaar. 

Suzaan Carinus

Eienaar

Dear Steggies Family You have played such an important role in our lives over the past four years and we will miss you more than you know. You are all such wonderful individuals with genuine hearts and I count myself lucky to have found your school four years ago. Thanks for helping raise my/our children. We wish you everything of the best for the future.