WELKOM BABAS!

Ons dienste is nou uitgebrei om die oppas van babas ook in te sluit. Wat benodig ons van die ouer:

  1. Aansoekvorm en mediese geskiedenis
  2. Die belangrikste is mooi volledige instruksie van hoe jy wil he die oggend / dag moet verloop/ wanneer wat moet geskied en haar/ sy roetine tans.  Die info gaan ons voorin ‘n boekie sit waarin personeel daagliks hul terugvoer skryf oor doeke en slapies ens.
benodighede lys

Die basiese benodigdhede lysie

  • Alles moet asb duidelik gemerk wees en duidelike instruksies bevat indien nodig.
  • Melk, genoeg gesteriliseerde bottels met regte hoeveelheid water reeds afgemeet en benodigdhede.
  • GENOEG Doeke (minstens 9 per dag), wipes, boudesalf, doekesakkies.
  • Genoeg ekstra stelle klere vir as die doeke lek/ mors (minimum 2)
  • En troosie en dummy en enige iets anders wat jy dink nodig gaan wees.
  • Enige sagte speelgoed/ ratels / raasboekies wat jy wil saamstuur vir die week/ dag (elke kind speel slegs met sy/haar eie goed ten einde kruis-kontaminasie te poog verhoed. Merk asb alles)
  • Eie beddegoed en cot / bedjie vir slaap . Carry cots moet met ‘n cot vervang word voordat die kindjie begin rol/ te beweeglik raak. Ons sal vekies om cots nie daagliks op te slaan nie – so as jy carrycot bring – kan hy sommer minstens vir die week bly staan.
  • Jy is welkom om ‘n foto van julle saam te stuur om by die cot op te plak.
  • Al ons kinders eet in eetstoele as hul oud genoeg raak – ons vra dat u tuis dit ook sal doen sodat hul gewoond is daaraan. •
KOS

Kos

  • Ons kos is meesal geskik om deur kinders 1 jaar+ geëet te word – dus moet alle baba kosse self voorsien word tot en met die soliede fase. Hul kan oorgaan na skoolkos as ons personeel bevestig u kind kan risikovry genoeg en ‘n voldoende verskeidenheid van die skoolkos eet. 
  • Checkers 60-sixty lewer af by die skool en Umatie dalk ook as mens se bestelling groot genoeg is – so mens kan dalk met hul reël. 
  • Daar is ‘n klein yskas en klein vriesspasie in die lokaal – ek is net besorg oor beurtkrag en dat goed wat gestoor word dalk kan afgaan, so ons verkies as mens daagliks iets saamstuur wat mens bo alle twyfel mee gemaklik is. 
  • Onthou pap as nodig. Snack voorbeelde: joghurt, purity (nie met die soet goed begin nie! ) squich, tandesny koekies, surfboards (rys koekies), flings, stukkies kaas, stukkies hoender, later vrugte baie fyn gesny. 
  • NB: Hul moet asb gebalanseerde etes met groente en genoeg proteine inkry vir gesonde ontwikkeling en immuniteit! Kos moet ook aanpas in tekstuur/ grofgeid soos hul ouer raak. 
  • Ons moedig self eet/ finger feeding aan van so vroeg ons kan – omrede dit goed is vir hul ontwikkeling (motories en sensories) en selfstandigheid!
Medisyne

Medisyne

  • Ons mag nie medisyne toedien by die skool nie en wil vra dat all siek babas asb tuis gehou word. ‘n Siek kind wil nie by die skool wees nie – hul verkies die gerief en bekendheid van hul eie huis en ouers. Koors in babas kan baie gou handuit ruk en dis werklik moeilik vir iemand wat na veelvuldige gesonde kinders kyk – om ook genoegsaam om te sien na die behoeftes van ‘n siek baba.
  • Babas mag nie medisyne toegedien word net voor skool en dan afgelaai word nie.
  • Babas moet antibiotika reekse eers klaarmaak voor hul terugkom of alternatiewelik moet die dokter voorskryf teen watter punt in die siekte die kind weer mag terugkeer skool toe – veral as dit aansteeklik is.
  • As ons laat weet ‘n kind is siek versoek ons asseblief dat ouers so spoedig moontlik die kind kom haal. Ons verstaan dis verontrieftend.
  • Immuniteit aanvuller soo screcheguard/ soortgelyk altyd goeie idee

Daar is eksterne fasiliteerders wat babygym en kinderkinetika ens. aanbied –hul is welkom om sessies te kom fasiliteer by die skool mits daar genoeg belangstelling is of hul bereid is om enkel kinders te kom besoek. Meld asb as jy so behoefte het dan kan ons ‘n opname maak om belangstelling te bepaal.

Soos gewoonlik sien ons uit om die pad saam met u gesin te begin stap. Wees gerus dat ons u kind mooi sal monitor en u op hoogte sal hou van enige verwikkelinge en ontwikkeling / kwellinge.  Kontak ons vir meer inligting.