Wat moet ek pak?
INLIGTING
HOE WERK ONS KLASSIES?
In totaal kan daar net 80 kinders bywoon op enige gegewe dag.
vanaf 12 mnde – 5 jaar
12 – 18 MAANDE
Die Kruipers
(Ratio 1:5)
18 – 24 MAANDE
Die Sonneblomme
(Ratio 1:5)
2 – 3 JAAR
Die Gesiggies
(Ratio 1:7)
3 – 4 JAAR
Die Pronk-ertjies
(Ratio 1:10)
4 – 5 JAAR
Die Leeubekkies
(Ratio 1:10)

Skooltye
Die skool open soggens om 07h00 en sluit om 17h30. Halfdag leerlinge moet asb. stiptelik tussen 12h00 en 12h45 afgehaal word. Indien hierdie tye nie nagekom word nie, sal U as ouer vir ‘n volle dag se fooi verantwoordelik gehou word. Ons is oop in vakansies behalwe in ‘n week in die Junie vakansie en oor die Desember/Januarie feestyd.

Etes
By Steggies bedien ons tuisgemaakte ontbyt, tee-tyd versnaperinge en ‘n heilsame middagete. Spyskaarte word seisoenaal aangepas. Ons gebruik baie eenvoudige en gesonde resepte. Vrugte en water, asook tee is deurlopend beskikbaar. Ons etes is voldoende – u hoef dus slegs iets in te pak wat u voel u kind spesifiek moet inkry of ‘n spesiale iets! Hul ogies blink altyd as hul sien iemand tuis het met hul in gedagte iets spesiaal/lekker ingepak.
Ons spyskaart roteer op ’n 3-week basis. Sien onder ‘n voorbeeld van ons Spyskaart.
Week 1:
Ontbyt: Jungle Oats met heuning en kaneel en rooibos tee
Oggend happie: Provita / Cream cracker met smere
Middag ete: Tuna pasta met slaai
Middag happie: Broodjie, yoghurt en vrug
Ontbyt: Mieliepap met heuning en rooibos tee
Oggend happie: Vrugte (druiwe en appel)
Middag ete: Hoender en groente bredie met rys
Middag happie: Provita / Cream cracker met smere
Ontbyt: Weetbix met piesang en rooibos tee
Oggend happie: Popcorn en vrugte / piesangbrood
Middag ete: Macaroni en kaas met komkommer en tamatietjies
Middag happie: Broodjie met smere en vrugte
Ontbyt: Jungle Oats met heuning en kaneel en rooibos tee
Oggend happie: Piesang-en-wortel muffin
Middag ete: Boerewors met mash en gemengde groente
Middag happie: Gekookte eiers. Vla en jellie
Ontbyt: High Fibre bran en rooibos tee
Oggend happie: Yoghurt
Middag ete: Seaharvest viskoekies met aartappel skyfies en ertjies
Middag happie: Broodjies en vrugte
Week 2:
Ontbyt: Jungle Oats met heuning en kaneel en rooibos tee
Oggend happie: Korslose Bacon-mini quiche
Middag ete: Toasted cheese broodjies
Middag happie: Yoghurt en vrugte
Ontbyt: Mieliepap met heuning en rooibos tee
Oggend happie: Yoghurt en vrugte
Middag ete: Herderspastei
Middag happie: Gesonde Muffin
Ontbyt: High Fibre bran en rooibos tee
Oggend happie: Vars Bran muffin
Middag ete: Egg ‘Fried rice’ met groente
Middag happie: Broodjie met smere en vrugte
Ontbyt: Jungle Oats met heuning en kaneel en rooibos tee
Oggend happie: Yoghurt en vrugte (waatlemoen)
Middag ete: Vark Frikkadelle in tamatiesous met aartappel wedges
Middag happie: Gekookte eier en vrugte
Ontbyt: Weetbix met piesang
Oggend happie: Piesangbrood en vrugte
Middag ete: Mini hamburgers en slaai
Middag happie: Broodjies en vrugte

Engels
Can we accommodate English speaking kids? We do not have dedicated English classes – but all staff are fluent in English. We correspond with parents in both languages.

Buitemuurse Aktiwiteite
Meer informasie oor die opsies wat in die dagprogram of na-ure geïnkorporeer word, word met inskrywing aan ouers gekommunikeer. Aanbieding is onderhewig aan belangstelling. Fooie is direk betaalbaar aan die eksterne diensverskaffers. Gewoonlik bied ons die volgende as opsies:
-
Playball (Play This Way) Careen: 082 825 9779
-
Jolly Tots (Kinderkinetika) Narisscia: 084 499 9665
-
C-maths Chanel: 083 498 1415
-
Little Kickers (Sokker) Niel: 076 265 0196
-
Shake, Rattle and Roll (Moderne Danse) Jeanine: 079 306 9020
-
Playball (Ouer kinders) Careen: 082 825 9779
-
Tiny Tennis Niel: 084 910 8776
-
Dancemouse Paula: 083 652 0790
-
Drum Joy Lana: 071 871 5839
-
Rugby Tots Karel: 064 451 1993
-
Beau Arts & Crafts Charmaine: 083 234 7959
-
Music Box Chrisna: 082 315 6020
-
Cullinary Kids Adi: 082 469 7326

Ons Leerprogram
Ons bied daagliks ‘n opwindende en stimulerende program aan. Dit geskied volgens ’n tema-sisteem en die volgende leer-areas word onder andere aangespreek:
- Lewensvaardighede (groot motoriek, ouditiewe persepsie, taalontwikkeling, musiek, kuns)
- Geletterdheid (fyn motoriek, visuele persepsie, liggaamsbegrip)
- Syferkennis (wiskundige begrippe, posisie in die ruimte, meting)
- Kognitiewe denke, asook sosiale en emosionele ontwikkeling
Die dagprogram asook weeklikse beplanning is in elke klaskamer opgeplak. Ons leer-deur-speel en wissel o.a groep-besprekings, storie en bybel, kuns, dans en beweging asook oorgenoeg vryspel af – soos die dag verloop.
Vanaf 12h00-14h00 slaap die kinders wat aanbly, waarna hul ‘n groepsaktiwiteit doen en soveel moontlik buite speel!