WELKOM BABAS!
Sedert 2020 kyk ons na babas vanaf 4 – 18 maande op ons spesiale baba-kampus. Hul is eenkant weg van die skool se gedruis en elkeen se dag roetine word respekteer. Wat benodig ons van die ouer:
Aansoekvorm en mediese geskiedenis (insluitende afskrif van kliniekkaart, asook geboortesertifikaat).
Die belangrikste is volledige instruksie van hoe jy wil hê die oggend/dag moet verloop of wanneer wat moet geskied, en haar/sy roetine tans. Die inligting gaan ons voorin ʼn boekie sit waarin personeel daagliks hul terugvoer skryf oor doeke, slapies, ens.
Die basiese benodigdhede lysie
- Alles moet asb. duidelik gemerk wees en duidelike instruksies bevat, indien nodig.
- 4 x bokse tissues
- 4 x pakke wipes (per kwartaal)
- 2 x gemerkte waslappe (gewone grootte)
- 1 x boks doekesakkies (nappy bags) per kwartaal
- 1 x waterproof mattress cover (standaard kot grootte)
- 1 L Milton (per kwartaal/soos benodig)
- 1 x potjie boudsalf
- 1 x medium tot groot plastiekbal
- 1x waterproof mattress cover (Standaard grootte kot)
- Melk, genoeg gesteriliseerde bottels met regte hoeveelheid water reeds afgemeet en benodighede.
- GENOEG doeke (minstens 9 per dag vir voldag leerders, of ‘n hele pak wat in klas gehou kan word)
- Genoeg ekstra stelle klere vir as die doeke lek/mors (minimum 2)
- Troosie en dummy of enige iets anders wat jy dink nodig gaan wees.
- Enige sagte speelgoed, ratels of raasboekies wat jy wil saamstuur vir die week/dag (elke kind speel slegs met eie goed ten einde kruiskontaminasie te poog verhoed. Merk asb. alles duidelik.)
- Eie beddegoed en kot/bedjie vir slaap. Ons sal verkies om kotte nie daagliks op te slaan nie, so as jy ʼn camping cot bring, kan hy sommer minstens vir die week bly staan.
- Jy is welkom om ʼn gesinsfoto saam te stuur om by die kot op te plak.
- Al ons kinders eet in eetstoeltjies as hul oud genoeg is – ons vra dat u tuis dit ook sal doen sodat hul gewoond is daaraan.
Kos
- Ons kos is meesal geskik om deur kinders 1 jaar+ geëet te word, dus moet alle babakos self voorsien word tot en met die soliede fase. Hul kan oorgaan na skoolkos as ons personeel bevestig u kind kan risikovry genoeg en ʼn voldoende verskeidenheid van die skoolkos eet.
- Checkers 60-Sixty lewer af by die skool en Umatie dalk ook as mens se bestelling groot genoeg is – so mens kan dalk met hulle reël.
- Daar is ʼn klein yskas met klein vriesspasie in die lokaal, maar ons sal verkies dat ouers daagliks iets saamstuur wat ons onderwysers kan gee om te eet.
- Onthou om pap saam te stuur indien nodig. Snack voorbeelde: joghurt, Purity (moenie met die soet goed begin nie!) Squichy, tandesnykoekies, surfboards (rys koekies), Flings, stukkies kaas, stukkies hoender, later vrugte baie fyn gesny.
- NB: Hul moet asb. gebalanseerde etes met groente en genoeg proteïene eet vir gesonde ontwikkeling en immuniteit! Kos moet ook aanpas in tekstuur/grofheid soos hul ouer raak.
- Ons moedig self eet/ finger feeding aan so gou as wat hulle gereed is, omdat dit goed is vir hul ontwikkeling (motories en sensories) en selfstandigheid!
Medisyne
- Ons mag nie medisyne toedien by die skool nie en wil vra dat alle siek babas asb. tuis gehou word. ʼn Siek kind wil nie by die skool wees nie; hul verkies die gerief en bekendheid van hul eie huis en ouers. Koors in babas kan baie gou handuitruk en dis werklik moeilik vir iemand wat na veelvuldige gesonde kinders kyk om ook genoegsaam om te sien na die behoeftes van ʼn siek baba.
- Babas mag nie medisyne toegedien word net voor skool en dan afgelaai word nie, ons vra ASB jul samewerking in die verband.
- Babas moet antibiotika-reekse eers klaarmaak voor hul terugkom of alternatiewelik moet die dokter voorskryf teen watter punt in die siekte die kind weer mag terugkeer skool toe – veral as dit aansteeklik is.
- As ons laat weet dat jou kind siek is, versoek ons asseblief dat ouers so spoedig moontlik die kind kom haal. Ons verstaan dis ʼn ongerief, maar dis in die beste belang van die kind.
- Daaglikse toediening van ʼn immuniteitaanvuller soos Creché Guard, Zinplex of soortgelyk word aanbeveel.
Daar is ook eksterne fasiliteerders by die skool wat kinderkinetika (Jolly tots) aanbied vir al die babas/leerders, asook Oom Roland se weeklikse musiekles, ingesluit in die skoolfonds.
Ons sien uit daarna om die pad saam met u gesin te stap. Wees gerus dat ons u kind noukeurig sal monitor en u op hoogte sal hou van enige verwikkelinge en ontwikkeling/kwellinge. Kontak ons gerus vir meer inligting.