Wat moet ek pak?

INLIGTING

HOE WERK ONS KLASSIES?

In totaal kan daar net 80 kinders bywoon op enige gegewe dag.

Ons neem kinders
vanaf 4 mnde – 5 jaar

BABA-KAMPUS

Die Kruipers

4 – 18 maande,
2 klassies elk
met 2 personeel en maksimum
6 kinders / klas
(Ration 1:3)

16 – 24 MAANDE

Die Sonneblomme

2 – 3 Personeel met maksimum 18 kinders
(Ratio 1:6)

2 – 3 JAAR

Die Gesiggies

3 Personeel met maksimum 20 kinders
(Ratio 1:7)

3 – 4 JAAR

Die Pronk-ertjies

2 Personeel met maksimum 20 kinders
(Ratio 1:10)

4 – 5 JAAR

Die Leeubekkies

2 Personeel met maksimum 20 kinders
(Ratio 1:10)
Steggies Kleuterskool/Daycare Stellenbosch

Skooltye

Die skool open soggens om 07h15 en sluit om 17h30. Halfdag leerlinge moet asb. stiptelik 12h00 afgehaal word. Indien hierdie tye nie nagekom word nie, sal U as ouer vir ‘n volle dag se fooi verantwoordelik gehou word. Ons is oop in vakansies behalwe ‘n week in die Junie vakansie en oor die Desember/Januarie feestyd.

Steggies Kleuterskool/Daycare Stellenbosch

Etes

By Steggies bedien ons ‘n heilsame middagete en ‘n laatmiddag happie teen ‘n addisionele fooi. Spyskaarte word seisonaal aangepas. Ons gebruik baie eenvoudige en gesonde resepte. Vrugte en water is deurlopend beskikbaar. U hoef dus slegs ‘n gesonde kosblik vir die oggend te pak.

Hierdie is ’n voorbeeld spyskaart. Die spyskaart roteer op ’n 3 week basis en word seisoenaal aangepas deur die jaar. 

Week 1:

Middag ete: Kaas en ham Macaroni

Middag happie: Broodjie en vrugte (Konfyt OF Bovril)

Middag ete: Mini beef burgers en vars vrugte OF Maalvleis pastei met groente

Middag happie: Piesangbrood / Piesang en wortel muffin /Bran muffin & vrugte/Pannekoek

Middag ete: Viskoekies en mash

Middag happie:

Broodjie en joghurt (Peanut butter en konfyt OF Kaassmeer)

Middag ete: Blatjang hoender en brokkoli met witsous OF Hoender en rys dis

Middag happie: Kaas poffertjie / bovril en kaas muffin & vrugte

Middag ete: Worsbroodjies

Middag happie: Sweetcorn flapjack / French toast / Choc-chip muffin

Week 2:

Middag ete: Spaghetti ala Mac and cheese

Middag happie: Broodjie en vrugte (Konfyt OF bovril)

Middag ete: Vetkoek en mince met groente

Middag happie: Piesangbrood / Piesang en wortel muffin /Bran muffin & vrugte/Pannekoek

Middag ete: Chicken mayo Mini croissant/bun

Middag happie: Broodjie en joghurt (Peanut butter en konfyt OF Kaassmeer)

Middag ete: Vark Frikkadelle met mash en slaai

Middag happie: Kaas poffertjie / bovril en kaas muffin & vrugte

Middag ete: Funky Friday Pizza OF Chicken wraps

Middag happie: Sweetcorn flapjack / French toast / Choc-chip muffin

Week 3:

Middag ete: Geroosterde ham en kaas toebroodjie en joghurt

Middag happie: Broodjie en vrugte (Konfyt of Bovril)

Middag ete: Spaghetti Bolognaise

Middag happie: Piesangbrood / Piesang en wortel muffin /Bran muffin & vrugte/Pannekoek

Middag ete: Visvingers, groente en chips

Middag happie: Broodjie en joghurt (Peanut butter of Kaassmeer)

Middag ete: Boerewors gereg met slaai

Middag happie: Kaas poffertjie / Bovril en Kaas muffin & vrugte

Middag ete: Chicken pops met wedges

Middag happie: Sweetcorn flapjack / French toast / Choc-chip muffin

Steggies Kleuterskool/Daycare Stellenbosch

English speaking children

Can we accommodate English speaking kids? We do not have dedicated English classes – but all staff are fluent in English. We correspond with parents in both languages.

Steggies Kleuterskool/Daycare Stellenbosch

Buitemuurse Aktiwiteite

Meer informasie oor die opsies wat in die dagprogram of na-ure geïnkorporeer word, word jaarliks met inskrywing aan ouers gekommunikeer. Aanbieding is onderhewig aan belangstelling. Fooie is direk betaalbaar aan die eksterne diensverskaffers. Die volgende opsies is beskikbaar.
Steggies Kleuterskool/Daycare Stellenbosch

Ons Leerprogram

Ons bied daagliks ‘n opwindende en stimulerende program aan. Dit geskied volgens ’n tema-sisteem en die volgende leer-areas word onder andere aangespreek:

  • Musiek word weekliks deur ‘n buite-aanbieder fasiliteer.
  • 8 kinder-kinetika lessies per kwartaal is ingesluit in die skoolfooi
  • Lewensvaardighede (groot motoriek, ouditiewe persepsie, taalontwikkeling, kuns)
  • Geletterdheid (fyn motoriek, visuele persepsie, liggaamsbegrip)
  • Syferkennis (wiskundige begrippe, posisie in die ruimte, meting)
  • Kognitiewe denke, asook sosiale en emosionele ontwikkeling

Die dagprogram asook weeklikse beplanning is in elke klaskamer opgeplak. Ons leer-deur-speel en wissel o.a groep-besprekings, storie en bybel, kuns, dans en beweging asook oorgenoeg vryspel af – soos die dag verloop.

Vanaf 12h00-14h00 slaap die kinders wat aanbly, waarna voldag kinders later ‘n groepsaktiwiteit doen en soveel moontlik buite speel!